Vir kinders van 2 tot 6
Klein avonture, groot drome
Alkemie is 'n kalm, advertensievrye leerwêreld waar jou kind saam met Alke en haar olifantjie Oli speel, praat, teken en ontdek. Elke dag net 'n paar minute, in Afrikaans of Engels.
- Geen advertensies
- Werk sonder internet
- Afrikaans & Engels
Kom ons speel!
Die storie agter die naam
Alke + alchemie = Alkemie
Alkemie is vernoem na Alke, die stigters se dogter. Die naam meng haar naam met alchemie: die towerkuns om speel in leer te verander.
Die jare van 2 tot 6 is kosbaar. Dis wanneer taal, denke, gevoelens en beweging die vinnigste groei. Tog is die meeste toepassings vir kleintjies net in Engels, vol advertensies of gemaak vir ander lande. Ons wou iets bou wat lyk en klink soos hier by ons: rande en sente, naartjies en vetkoek, Tafelberg op die horison en meerkatte in die veld.
Ontmoet die vriende
Elke kind vind iemand net soos hulle
Alke speel nie alleen nie. Haar niggies en maats het elkeen 'n diervriend, en hulle ouderdomme strek oor al die spelers: iemand om na op te kyk, iemand net soos jy, en iemand klein om voor te sorg.
-
3 jaar
Alke
met Oli die olifantjie
Die gids deur Alkeland. Sy vra, sy luister en sy juig jou aan. En Oli laat almal lag.
“Kom ons speel!”
-
6 jaar
Juane
met haar kameelperdjie
Die groot niggie. Sy wys eers hoe dit werk, dan is dit jou beurt. Jy kry haar in Gevoelensdorpie en die Maakwerkswinkel.
“Kyk eers na my, dan probeer jy!”
-
4 jaar
Caitlyn
met haar leeutjie
Amelia-Grace se groot sus. Sy leer om te deel, geduldig te wees en kalm te word as sy kwaad is. In Beweegpark laat sy almal spring.
“Kom spring saam!”
-
3 jaar
Musa
met sy meerkatte
Alke se maat van die skool. Hy tel alles: vrugte, klippe, sterre. Hy weet ook hoe dit voel om by die skoolhek totsiens te sê.
“Ek en my meerkatte tel alles. Help jy ons?”
Welkom in Alkeland
Vyf plekke. Vyf maniere om te groei.
Alkeland is 'n wêreld om te verken, van die fynbos van die Kaap tot die bosveld. Elke plek oefen 'n ander deel van jou kind se ontwikkeling, nie net ABC en 123 nie.
-
Woordtuin
Taal, stories en letters
'n Tuin met 'n leesboom, pratende voëls en 'n letterklawerbord van trapklippe.
Alke wys die pad
-
Getallemark
Getalle, vorms, kleure en legkaarte
'n Kleurvolle mark vol vrugte, randmuntstukke en vorms om te tel en te sorteer.
Musa wys die pad
-
Gevoelensdorpie
Gevoelens, vriendelikheid en beurte
Vriendelike bure, 'n speelpark en 'n bankie om kalm asem te haal.
Juane wys die pad
-
Maakwerkswinkel
Handvaardigheid, natrek en teken
Verfpotte, krale en 'n esel wat die Kunsateljee oopmaak.
Juane wys die pad
-
Beweegpark
Hardloop, spring, balanseer en dans
'n Oop park met 'n klimraam, 'n bal en 'n groot blou lug.
Caitlyn wys die pad
Elke plek het ook 'n vryspeelhoekie waar alles reageer as jy daaraan raak, en niks kan ooit “verkeerd” wees nie.
'n Dag met Alke
Vyf minute se towerkuns
So lyk 'n speelsessie. Kort en soet, en dan terug na die regte wêreld.
-
“Goeiemôre!”
Alke groet jou kind op die naam en Oli waai met sy slurp. Die pad van vandag wys wat eerste kom.
-
By die Getallemark
Musa het naartjies gepluk. Hoeveel is daar? Jou kind tik op elkeen, of sê die antwoord hardop vir Alke.
-
'n Ballon vol asem
Caitlyn is kwaad, want haar toring het omgeval. Saam blaas hulle 'n ballon op: stadig in, stadig uit. Nou voel sy beter.
-
In die Kunsateljee
'n Prentjie van Oli, met baie pienk. Een tik op “Klaar!” en dit hang op die Kunsmuur.
-
Tyd om buite te speel
Alke gaap, Oli gaan lê, en die sessie eindig sag. Vandag se Speel Saam-uitdaging: tel die trappe saam met Mamma of Pappa.
Regtig interaktief
Raak. Praat. Teken. Tik.
Kinders kyk nie net nie. Hulle doen, en elke instruksie word hardop gesê, want kleintjies kan nog nie lees nie.
-
Raak
Groot, vriendelike knoppies vir klein vingertjies. Twee-jariges kry nog groter teikens en net een of twee keuses.
-
Praat
Jou kind antwoord Alke hardop. Die stem word op die toestel self verwerk en nooit gestoor nie.
-
Teken
Die Kunsateljee het dik kwaste, verfpotte en stempels. Klaar? Dan hang dit op die Kunsmuur.
-
Tik
'n Groot letterklawerbord waar elke letter sy klank sê: “s” vir slang.
Geen mislukking nie, net nog 'n kans
'n Verkeerde antwoord kry 'n sagte wenk en nog 'n kans. Geen rooi kruise, geen punte, geen lewens nie.
Regte woorde, geen babataal nie
“Ja! Dis die groot geel wipwa wat die grond wegry.” Alke brei elke antwoord uit, sodat woordeskat groei.
Van die skerm na die regte wêreld
Speel Saam-uitdagings stuur julle saam weg van die skerm: 'n woordstap, 'n kleurjag of bottel-kegelbal in die tuin.
Vir ouers
Sien hoe jou kind groei
Die grootmens-area is kalm en duidelik. Jy sien waar jou kind sterk is, en wat volgende kom.
- Vordering oor vyf areas. Elke vaardigheid beweeg van “nog nie begin” na “sterk”. Bemoedigend, nooit 'n rooi lig nie.
- Een taal per kind. Kies Afrikaans of Engels vir elke kind apart. Meer Suid-Afrikaanse tale volg.
- Speel Saam-idees. Aktiwiteite vir weg van die skerm, afgestem op wat jou kind nou leer.
- Lig op data. Speel sonder 'n verbinding; vordering sinkroniseer later. Gebou vir bekostigbare Android-fone.
- Vir elke ouderdom. Twee-jariges speel saam met 'n grootmens; vier-jariges kan self speel. Sessies duur net 'n paar minute.
Lia se vordering
Voorbeeld
Speel saam hierdie week
Kleurjag: soek drie rooi goed in die huis. Noem elkeen hardop.
Veilig van die begin af
'n Plek waar jy jou foon met 'n geruste hart oorgee
-
Geen advertensies nie
Nie een nie. Geen muntstukke wat reën of wiele wat draai nie.
-
Geen klets of skakels nie
Kinders kan niemand kontak nie en nêrens anders heen gaan nie.
-
Die stem bly op die toestel
Praat is by verstek af. Wanneer jy dit aanskakel, word die stem op die toestel verwerk en nooit gestoor nie.
-
POPIA van die begin af
Ouers gee toestemming, en jy kan jou data enige tyd uitvoer of uitvee.
-
'n Hek vir grootmense
Instellings en vordering is agter 'n hek wat kleintjies nie kan oopmaak nie.
-
Geen foto's van kinders nie
Elke kind kies 'n dier as sy of haar prentjie.
Ontdek · Leer · Groei
Kom speel saam met Alke
Alkemie werk op fone, tablette en rekenaars. Speel nou in jou webblaaier; die Android-toep volg binnekort, en daarna iPhone en iPad.
